Liverpool kon hulle gaping bo-aan die Engelse Premierliga punteleer weer vergroot na sewe punte na hulle Wolverhampton op Anfield met 2-1 verslaan het.
Doele van Luis Diaz en Mo Salah in die eerste helfte was genoeg vir die Reds om die volledige drie punte te verdien al was daar ‘n onophoudelike aanslag van Wolves in die tweede helfte.
Wolverhampton kon ‘n doel terugtrek deur Matheus Cunha en alhoewel Liverpool in die tweede helfte nie een skoot weg gevuur het nie kon hulle dieselfde teleurstelling voorkom as verlede week se Merseyside-derby teen Everton.