SOKKER – Alhoewel van die wêreld se beste sokkerspelers soms ook bekend is vir hul toneelspel op die veld sal ’n wedstrydbeampte nou moet gaan nadink oor sy optrede nadat hy ’n speler in ‘n Engelse Premierliga wedstryd met die elmboog bygekom het en ook nou voorlopig geskors is.
Diè voorval het Sondag in die tweestryd tussen Liverpool en Arsenal plaasgevind waar die lynregter Constantine Hatzidakis nou ’n duur prys moet betaal vir sy optrede teen Andy Robertson van die Reds.
Robertson – wat ’n verdediger is – het rondom die einde van die 1ste helfte ’n beswaar teen diè lynregter geopper aangesien hy met ’n geelkaart deur die skeidsregter gestraf is vir teëpratery en diè wedstrydbeampte hom toe volgens die beeldmateriaal met sy regter elmboog op die keel geklits het.
Die afrigter van Liverpool – Jürgen Klopp – het ook ná die gelykopuitslag van 2 – 2 gesê dat hy nie die voorval gesien het nie maar heel diplomaties genoem het dat die beeldmateriaal vanselfsprekend is en die nodige dissiplinêre prosedures nou gevolg sal moet word.