Magesi-sokkerklub, wat vanjaar vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse Premierskap meeding, maak reg vir ‘n massiewe stryd die naweek.

Die 2023/24 Eerste Nasionale Liga kampioene kom teen Premierskap kampioene, Mamelodi Sundowns te staan in die eindstryd van die Caling Knockout-beker in Bloemfontein.

Magesi, wat tans die 11de plek beklee op die Premierskapspunteleer, en Sundowns, wat tans tweede is, het nog nooit ontmoet op die sokkerveld nie.

Volgens Magesi se hulpafrigter, Papi Zothwane, as mens praat oor geluk in sokker werk dit, want niemand het verwag dat hulle sou wees waar hulle nou is nie.

Zothwane sê dat hulle die eindstryd bereik het danksy geluk, uithouvermoë, harde werk en die feit dat hulle in hulle spelers glo.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×