SOKKER – Manchester City is ook as die F.A. Beker kampioenspan gekroon na ‘n 2 – 1 oorwinning oor Manchester United op die Wembley Stadion.
Die Sky Blues se Ilkay Gundogan het na slegs 12 sekondes die openingsdoel behaal wat ook ’n rekord in die FA Beker se geskiedenis is. Bruno Fernandes het na 32 minute later sake gelykop gemaak maar Gundogan het egter die Red Devils se lot verseël met sy 2de doel na 6 minute in die 2de helfte.
Die Blues kan ook nou eerskomende naweek slegs die 2de span naas United word om die FA Beker , Premier en Europese Liga titels in een seisoen te wen nadat die Devils diè besonderse prestasie in die 1998/99 seisoen kon vermag het.