Die Engelse Premierliga span Manchester City se saak van die eeu het Maandag begin en hulle glo hulle het genoeg bewyse om hulle naam skoon te kry.
Man City word aangekla van 115 beweerde oortredings van die Premierliga se finansiële regulasies.
Indien hulle skuldig bevind word kan hulle gestraf word met punte wat afgetrek word of hulle kan uit die Engelse Premierliga geskop word en luidens berigte kan die saak tot 10 weke duur.