SOKKER – Manchester United – oftwel die Rooi Duiwels – sal buurman Manchester City op die 25ste Mei in die Wembley-stadion pak in die FA Cup eindstryd maar moes harde bene kou teen Coventry City in Sondag se halfeindronde wedstryd.
United was na 58 minute se spel reeds 3 – 0 maar doele deur Ellis Simms , Callum O’Hare en Haji Wright het City sien terugveg en dit gelykop gemaak met 3 doele elk.
In ekstra speeltyd het die video-assitent skeidsregter beslis dat die einste Wright onkant was en het diè doel van die hand gewys.
Die Rooi Duiwels het die daaropvolgende strafdoele-stryd met 4 – 2 beklink.
*Man City het ’n egter ‘n makliker pad na die eindstryd gehad nadat die Sky Blues Chelsea met 1 – 0 verslaan het.