Die direkteur van sport by Manchester United Dan Ashworth het besluit om diè klub te verlaat.
Ashworth was slegs vyf maande in sy pos nadat die Rooi Duiwels hom gelok het van Newcastle United.
Volgens The Athletic kom die besluit na ‘n vergadering tussen Ashworth en die klub se uitvoende hoof Omar Berrada na ‘n 2-3 nederlaag teen Nottingham Forrest die afgelope Sondag.
Geen rede is gegee vir diè besluit nie.