Ondersteuners van Manchester United het Sondagaand rede gehad om vir ‘n slag weer opgewonde te wees oor hul toekoms met afrigter Ruben Amorim, na hulle Sondagaand met 2-elk gelykop gespeel het teen Liverpool op Anfield.
Dit was Man United se eerste punt in die Engelse Premierliga sedert hulle op 15 Desember vir Man City met 2-1 geklop het, en eerste doele sedert hulle 4-3 nederlaag teen Tottenham in die Liga-beker kwarteindstryd op 19 Desember.
Drie wedstryde was gespeel sedert daardie nederlaag en Sondagaand se uitstappie in Liverpool.
Kaptein Bruno Fernandes het na die wedstryd sy spelers gevra om vir die res van die seisoen die karakter te wys wat hulle Sondagaand op Anfield gewys het.