SOKKER: Manchester United het sy wendroogte van 8 jaar in die FA Beker eindstryd gebreek nadat hy Manchester City Saterdag met 2 – 1 op Wembley geklop het.
Die Red Devils se tiener sterre Alejandro Garnacho en Kobbie Mainoo het die Cityzens se ondersteuners geskok met twee 1ste helfte doele in die 30ste en 39ste minuut.
Jeremy Doku het 4 minute voor die einde Man United se Andrè Onana geklop maar dit was nie genoeg om ‘n nederlaag te vermy nie.