Manchester United gaan na verwagting ongeveer 200 poste by diè spogklub moet besnoei as deel van ’n transformasie-plan om sy finansièle volhoubaarheid te verbeter.
In 2024 is ongeveer 250 werknemers afgedank as deel van die eerste fase van diè volhoubaarheids-plan nadat die voorsitter van Ineos, Jim Ratcliffe, ’n groot belang in diè Premierliga-klub bekom het.
Die Rooi Duiwels het vir vyf agtereenvolgende jare verliese gelei en die klub wil met hierdie maatreëls ’n stewiger platform skep om weer winsgewend te wees.
Ondanks al die finansiële uitdagings wat verhoogde kaartjiepryse vir ondersteuners op Old Trafford insluit pronk United steeds in die vierde plek op Deloitte se jaarlikse lys van die wêreld se rykste klubs.