SOKKER: Manchester United se voorspeler Marcus Rashford het die prys betaal vir sy swak seisoen toe Engeland se afrigter Gareth Southgate hom uitgelaat het uit sy voorlopige groep van 33 vir Euro 2024 terwyl Liverpool se gewese kaptein Jordan Henderson en Chelsea se kaptein Reese James ook nie plek kon kry nie.
Die groep moet tot ‘n maksimum van 26 verklein word voor die toernooi volgende maand in Duitsland begin.
Adam Wharton van Crystal Palace, Everton se Jarrad Brantwhaite en die Liverpool spelers Jarell Quansah en Curtis Jones is die nuwelinge in die groep.