Die Franse sokker ster, Kylian Mbappe gaan ‘n paar wedstryde vir Real Madrid misloop weens besering.
Die 25-jarige het die afgelope Dinsdag nog 80 minute gespeel in Los Blancos se 3-2 wen oor Deportivo Alaves, met afrigter Carlo Ancelotti wat na die wedstryd gesê het dat Mbappe oorwerk is.
Die klub het Woensdag in ‘n verklaring bevestig dat toetse op Mbappe gedoen is en dit het gevind dat hy ‘n heup besering opgetel het.
Real Madrid het nie bevestig hoe lank Mbappe op die kantlyn gaan wees nie.
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×