SOKKER – Na die opwinding van die FIFA wêreldbeker-toernooi wat Sondag ten einde geloop het is Engeland se vroue sokkerster Beth Mead ook Woensdag beloon met die gesogte Golden Boot toekenning nadat sy haar span gehelp het om die 2022 Europese Kampioenskapstoernooi te wen.
Die 27-jarige Mead het die meeste doele aangeteken in die Euro 2022 en was ook aangewys as die Speler-van-die-Toernooi.
Engeland het die Span-van-die-Jaar toekenning ontvang terwyl die afrigter Sarina Wiegman ook aangewys is as die Afrigter-van-die-Jaar nadat sy die Leeuwyfies gehelp het om hul eerste groot titel te kon wen.