Die Brasiliaanse sokkerster, Neymar, se tyd by Al-Hilal in die Saoedi Proliga het tot ‘n einde gekom.

Die klub het Neymar se kontrak vroegtydig beëindig.

Die 32-jarige het in Augustus 2023 by Al-Hilal aangesluit vir 90-miljoen Euro, maar het nog net sewe wedstryde gespeel en een doel aangeteken.

Dit is weens ‘n kniebesering wat hom op die kantlyn hou.

Luidens berigte sal hy terugkeer na Brasilië om by sy ou klub, Santos, aan te sluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×