Die Noordwes-Universiteit (NWU) en Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) sal ontmoet in die eindstryd van die Varsitybeker-sokkerreeks.
UWK, wat die titel in 2015 verower het, het vanjaar se voorlopers op die punteleer, die Tuks met 1-0 verslaan in hulle halfeindronde.
Die manne van Noordwes het intussen vir die Universiteit van Vrystaat verneder in ‘n 4-0 oorwinning.
Die Eindstryd sal Donderdag 26 September by die Mahikeng-stadion beslis word.