SOKKER – Die 7de FIFA o/17 Wêreldbeker toernooi vir vroue het ook Maandag in Indië begin waar Chili geskiedenis gemaak het toe hulle Nieu-Seeland met 3 – 1 in hul openings wedstryd geklop het.

Die VSA het ook hul stem dik gemaak toe hulle die gasheerland met 8 – 0 gestoomroller het en sodoende ook die grootste oorwinning in die geskiedenis van die toernooi behaal het. Die Amerikaners hou ook die vorige rekord met doelverskille toe hulle Gambië in die 2012 toernooi met 6 – 0 platgevee het.

In die ander wedstryde was die Brasilië ook net te goed vir Morocco en het met 1 – 0 gewen terwyl die grootste opskudding van die dag van Duitsland af gekom het toe hulle die span van Nigerië met 2 – 1 uitoorlê het.

Diè toernooi duur tot 30 Oktober.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×