SOKKER – Oostenryk het vir ’n reuse opskudding by die Euro 2024 – toernooi gesorg toe hy Nederland Dinsdagaand met 3 – 2 in hul laaste Groep D wedstryd geklop het.

Oostenryk het bo-aan hul groep geëindig en sodoende sy plek in die uitklopronde bespreek terwyl Frankryk ook deurgedring het na ’n gelykop uitslag van 1 – 1 teen Pole.

*Woensdagaand word ’n groot stryd in Groep E verwag waar die Oekraïne , Roemenië , Slowakye en België almal nog ’n kans staan om deur te dring na hul elk een wedstryd gewen het en al 4 spanne op 3 punte staan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×