Liverpool is deur Plymouth Argyle uit die FA-beker geskakel na afrigter Arne Slot ‘n onervare groep spelers in die veld gestuur het.

Slot het 10 veranderinge gemaak aan sy span wat vroeër in die week vir Tottenham met 4-0 geklop het om die Engelse Ligabeker eindstryd te haal.

Plymouth Argyle, wat tans heel laaste op die punteleer lê in die tweede liga, kon deur ‘n strafdoel in die 53ste minuut met 1-0 seëvier.

Tottenham en Chelsea is ook uitgeskakel in die vierde ronde met Spurs wat met 2-1 vasgeval het teen Aston Villa terwyl Chelsea met 2-1 verloor het teen Brighton.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×