Die Nederlandse sokkerklub PSV Eindhoven het bevestig dat hulle ondersteuners nie toegelaat sal word by hulle UEFA Kampioeneliga kragmeting teen Paris Saint-Germain nie.

Luidens ‘n verklaring van die klub is daar ‘n totale reis verbod op hulle ondersteuners in Parys.

Volgens owerhede in Frankryk is die verbod op die ondersteuners geplaas weens hulle gedrag by vorige wedstryde.

PSV het bevestig dat 2000 van hulle ondersteuners reeds kaartjies gekoop het vir volgende Dinsdagaand se wedstryd maar almal sal wel hulle geld terugkry.

*In die Afrika Nasies-beker kwalifisering wedstryd het Bafana Bafana in ’n rateltaai wedstryd gelykop teen Kongo Dinsdagaand in Brazzaville gespeel.

Elias Mokwana het die eerste doel vir die besoekers in die 33ste minuut aangeteken waarna Mons Bassouamina drie minute na die begin van die tweede helfte sake weer gelyk kon trek.

Ekstra tyd is na 90 minute gespeel waar sake ook onveranderd verder gebly het.

Bafana se volgende kwalifisering wedstryd is die 19de November teen Suid-Soedan met die bepalings wat nog gefinaliseer moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×