Cristiano Renaldo het vir Portugal gehelp tot ‘n 2-1 oorwinning teen Skotland in hulle UEFA Nasies-liga kragmeting in Lisbon.
Skotland se Scott McTominay het sy span die voorsprong gegee vroeg in die eerste helfte, voor Bruno Fernandes in die 54ste minuut sake gelyk getrek het.
Renaldo het in die 88ste minuut die wendoel aangeteken.
Dit was die Portugese stêr se 901ste doel in sy loopbaan.