Die Suid-Afrikaanse doelwagter, Ronwen Williams was gisteraand een van die groot wenners by die Afrika Sokker Konfederasie se toekennings.

Williams was die enigste speler wat met twee toekennings op die aand kon spog, waar hy aangewys is as die Mans Doelwagter van die Jaar en Mans Inter-klub Speler van die Jaar.

Die 32-jarige het ‘n puik jaar voor die doelhok beleef, waar hy by die 2023 Afrikanasies-beker vier strafskoppe gekeer het om Bafana te lei tot ‘n brons medalje.

Ronwen het ook slegs 11 doele afgestaan het in 30 wedstryde in die Suid-Afrikaanse Premierskap en Mamelodi Sundowns gehelp om ‘n sewende agtereenvolgende titel in te palm.

Ademola Lookman, wat van Nigerië afkomstig is, en Zambië se Barbra Banda is aangewys as, onderskeidelik, die Mans Speler van die Jaar en Vroue Speler van die Jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×