Manchester United het sy afrigter Erik ten Hag die trekpas gegee nadat hulle Sondag teen Wes Ham United in die Londen Stadion met 1 – 2 vasgeval het in die Engelse Premier Liga.

Ten Hag se landgenoot Ruud van Nistlerooy sal op ’n tussentydse basis as afrigter waarneem terwyl die klub na ’n plaasvervanger begin soek.

Die Rooi Duiwels is tans in ’n teleurstellende 14de plek op die punteleer en het nog net 3 uit 9 wedstryde gewen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×