SOKKER – In een van die eerste groot opskuddings by die Wêreldbeker-toernooi in Katar is Argentinië wat as een van die gunstelinge beskou word om vanjaar te wen ‘n skok nederlaag van 2 – 1 deur Saoedi-Arabië toegedien.
Die Argentyne wat tot in hul fondamente geruk is kan egter dankie sê aan Mexiko en Pole wat ook gelykop gespeel het terwyl Denemarke en Tunisië ook nie die doelhok kon vind nie. Frankryk was egter meer gefokus gewees in hulle wedstryd teen Australië en het ook uiteindelik baie maklik met 4 – 1 gewen.
In vandag se bepalings is daar 4 wedstryde wat gespeel word met die stryd tussen Duitsland en Japan asook Spanje teen Costa Rica wat die meeste belangstelling onder toeskouers sal lok.