SOKKER – Senegal het die Afrika vasteland se naam hoog gehou by die Wêreldbeker-toernooi toe hulle klaargespeel het met Ecuador. Die Leeus van Teranga het die La Tri met 2 – 1 uitgeskakel en sodoende ook hul plek in die laaste ronde van 16 bespreek.

Die Afrika-span moes wen en die span se held was sy kaptein en ook ‘n gesoute veteraan van 67 Internasionale wedstryde Kalidou Koulibaly wat diè wendoel en ook sy eerste een op die groot verhoog in die 70ste minuut behaal het.

Nederland het ook hul naam in die hoed gegooi toe hulle die gasheerland Katar ook met 2 – 0 uitgeskakel het in Al Khor. Die Oranje het nie eers op vol sterkte gespeel nie maar het genoeg gedoen om boaan die puntelys in Groep A te eindig terwyl Senegal die 2de plek ingeneem het op 6 punte.

Vanaand speel die Groep D spanne eerste waar Tunisië harde bene gaan moet kou teen Frankryk terwyl Australië en Denemarke ook sake sal uitspook.

In Groep C sal die wedstryd tussen Pole en Argentinië groot belangstelling lok terwyl Saoedi-Arabië wat vanjaar se verrassingspakkie is dalk Mexiko kan uitoorlê.

Diè 2 wedstryde begin 21:00 (SA Tyd).

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×