SOKKER – Die Saoedi-Arabiese Sokkervereniging is geskok deur die gedrag van ’n toeskouer wat ’n speler met ’n sweep bygedam het na afloop van ’n Superbeker wedstryd in Abu Dhabi.
Al-Ittihad het teen Al-Hilal gespeel waar beeldmateriaal wys hoe die Al-Ittihad doelskieter Abderrazak Hamdallah ’n toeskouer met water natgooi en die toeskouer reageer het deur diè speler 2 keer met ’n sweep by te dam.
Hamdallah – wat vir Marokko speel – het die enigste doel aangeteken in sy span se nederlaag van 1 – 4 teen wat nie te goed afgegaan het met die spesifieke tuisspan se ondersteuner nie.
*Volgens die Saoedi Sokker Vereniging is sokker ’n gesinsport en was diè optrede teenstrydig met hul gedragskode en sal dit deeglik hersien word om soortegelyke voorvalle in die toekoms te vermy.