Die Spaanse sokker ster Andres Iniesta het sy uittrede uit diè sport aangekondig.

Die 40-jarige het die nuus aan die media bevestig by ‘n byeenkoms in Barcelona waar hy die meerderheid van sy loopbaan spandeer het.

Volgens El Cerebro, soos hy in sy speeldae bekend gestaan het, is sy tyd op die veld iets van die verlede maar hy beplan om nog by afrigting betrokke te wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×