Die legendariese Spaanse doelwagter Pepe Reina gaan uteindelik na 25 jaar finaal die handskoene wegpak.
Reina wat sy debuut in 2000 vir Barcelona gemaak het, het ook in 109 wedstryde vir Villarreal gespeel. Daarna het hy hom by Liverpool in 2005 aangesluit en was vir agt seisoene lank ’n staatmaker vir die Reds in die doelhok.
Reina het ook drie Goue Handskoen toekennings ontvang wat aan die doelwagter toegeken word wat die minste doele in die Engelse Premier Liga-seisoen afgestaan het.
Die Spanjaard wat vorentoe as ’n afrigter sy stempel gaan wil afdruk was ook deel van 2010 Wêreldbeker-span toe die La Roja diè trofee in Suid-Afrika omhoog kon lig.