SOKKER – Nigerië se Super Arende het net te hoog gevlieg teen Bafana Bafana in die Afrikabeker-sokkertoernooi halfeindstryd toe die wenner uiteindelik met strafdoele bepaal is.

Suid-Afrika se doelwagter en kaptein Ronwen Williams kon nie sy heldedade van die kwarteindronde herhaal nie en moes toekyk hoe Nigerië die uitskopstryd met 4 – 2 gewen het.

Hugo Broos se span het wel geleenthede gehad in die 1ste helfte en ook die meeste balbesit geniet maar kon dit nie in punte omskep nie.

*Bafana speel Saterdag teen die DRK vir die 3de plek terwyl Nigerië en gasheerland die Ivoorkus Sondag in die eindstryd om die Afrikabeker-titel sal meeding.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×