Die middelveld speler van die Engelse Premierliga sokkerklub Tottenham Hotspur Rodrigo Bentancur is vir sewe wedstryde deur Engeland se Sokker Vereniging geskors.
Dit kom na hy in ‘n onderhoud op TV ‘n rassistiese aanmerking gemaak het teenoor sy spanmaat Heung-Min Son waar hy gesê het dat alle Asiëse mense dieselfde lyk.
Bentancur is behalwe vir die skorsing ook met £100 000 beboet.