Thomas Tuchel is amptelik aangestel as Engeland se manssokkerspan se nuwe afrigter.

Die Duitser neem oor by Gareth Southgate, wat vir agt jaar die Engelse span afgerig het.

Volgens Tuchel voel hy reeds lank ‘n persoonlike konneksie met sokker in Engeland en is dit ‘n eer om die Engelse span te lei.

Tuchel het in die Engelse Premierliga vir Chelsea vir ‘n enkel seisoen afgerig, waar hy die span gelei het tot die UEFA Kampioeneliga titel in 2021.

Tuchel sal amptelik op 1 Januarie 2025 beheer neem van Engeland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×