Die Duitser Thomas Tuchel gaan glo die volgende afrigter van die Engelse sokkerspan wees.
Daar word berig dat die 51-jarige ‘n ooreenkoms met die Engelse Sokkervereniging bereik het.
Tuchel sal dus vir Gareth Southgate opvolg.
Volgens die Engelse Sokkervereniging, sal hulle uitvoerende hoof Mark Bullingham later Woensdag meer inligting verskaf by Wembley-stadion in Londen.