Die voormalige hulpafrigter van Manchester United, en waarnemende hoofafrigter na Erik ten Hag in November in die pad gesteek is, Ruud van Nistelrooy, gaan volgende maand terugkeer na sy ou klub.
Die keer sal hy die opposisie aanvoer.
Van Nistelrooy is einde November aangestel as Leicester City se afrigter.
Die Foxes sal na Old Trafford reis vir hul vierde ronde kragmeting in die FA Beker.
Die klub het nie die beste van seisoene nie – hulle sit in die voorlaaste plek op die Engelse Premierliga punteleer en het sedert Van Nistelrooy se aanstelling vasgeval teen Newcastle, Wolverhampton, Liverpool, Man City en Aston Villa.