SOKKER  – Die hoofafrigter van Spanje se vroue sokkerspan Jorge Vilda wat ook onlangs die Wêreldbeker help verower het sit nou sonder ’n werk.

Dit as gevolg van die opskuding wat ’n soen veroorsaak het deur die Spaanse sokkerbaas Luis Rubiales toe hy die sterspeler van die La Roja Jenni Hermoso tydens die prysuitdeling seremonie onverwags en ongevraagd op die mond gesoen het.

Vilda  wat ook as ’n bondgenoot van Rubiales beskou word was egter alreeds in die warm water by die dames aangesien hulle ook aangedring het dat hy moes bedank het weens sy gebrekkige afrigtingsmetodes.

Nog redes wat aangevoer was waarom Vilda nie geskik as ’n breier is nie is oor sy mikrobestuur-styl en dat hy aan spelers voorgeskryf het wat hulle tydens onderhoude moet sê.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×