SOKKER – ‘n Voormalige topamptenaar van die Chinese Sokkervereniging is tot 11 jaar tronkstraf gevonnis.
Li Yuyi, wat die voormalige visepresident van die vereniging is, is skuldig bevind van korrupsie.
Daar word berig dat hy tussen 2004 en 2021 meer as R30 miljoen in geld en geskenke ontvang het en is met ‘n verdere R2,5 miljoen beboet.
In Maart vanjaar is die Chinese sokkvereniging se president Chen Xuyuan lewenslank tronk toe gestuur weens korrupsie, terwyl nog drie ander top amptenare ook lang vonnisse opgelê is.