Die Sokkerwêreldbeker gaan weer in Afrika gespeel word wanneer Marokko saam met ‘n groep van vyf ander nasies diè skouspel in 2030 aanbied.

Die president van Fifa Gianni Infantino, het Woensdag die aankondiging gemaak vir gasheernasies vir die 2030 en 2034 toernooie.

‘n Spesiale toernooi word vir 2030 beplan waar die eerste drie wedstryde in Uruguay gespeel sal word ter herdenking van die eerste Wêreldbekertoernooi.

Verder sal wedstryde ook in Argentinië, Paraguay, Spanje en Portugal beslis word.

Die 2034 toernooi sal in Saoedi-Arabië plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×