SOKKER – Engeland se kaptein Harry Kane het gesê sy land se verrassende nederlaag van 1 – 0 teen Ysland in ’n vriendskapilke wedstryd op Wembley was ’n “lekker wekoproep” voor die Euro 2024 afskop.
Ysland se Jon Dagur Thorsteinsson het sy span die voortou laat neem en het kanse gehad om dit nog verder te laat rek terwyl die tuisspan se verdedigings linies in beide helftes getoets is.
Engeland is saam met Denemarke , Slowenië en Serwië geloot in Groep C en pak laasgenoemde Sondag in hul openingswedstryd.
*Diè toernooi trek Vrydagaand weg met die gasheer Duitsland wat Skotland die stryd gaan aansê.