Sol-Tech het amptelik planne bekendgestel vir ‘n nuwe koshuis wat in Oktober geopen sal word. Maroela Media berig, die koshuis wat as Die Plaashuis bekend sal staan, sal behuising aan 400 studente bied.
Die kompleks in Monumentpark in Pretoria sal uit vier vleuels bestaan, twee vir mansstudente en twee vir vroue studente. Paul van Deventer, direkteur van Sol-tech het gesê die kollege se doel was nog altyd om ‘n blink toekoms vir jong mense in Suid-Afrika te skep. Die bou van die koshuis maak die kollege net nog meer toeganklik vir studente reg deur die land. Dit sal sowat R155 miljoen kos om te bou.
1 Comment
Comments are closed.