Soldate beskerm verskeie inentingspunte

Die waarnemende minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het volgens Netwerk 24, laat gisteraand ‘n verklaring uitgereik.

Daarvolgens is lede van die weermag opdrag gegee om Covid-19 entstofbergplekke, sowel as inentingsentrums, te beskerm.

Soldate is ontplooi om te sien dat die aandklokreël behoorlik toegepas word, en te sorg dat niemand na 9-uur saans op straat is nie.

Ook het die Nasionale Vervolgingsgesag ‘n span aanklaers begin saamstel, wat borgtog sal teenstaan vir diegene wat in verband met openbare geweld in hegtenis geneem is.

Luister na potgooie hieronder