Soldate na die Tuinroete ontplooi om te help met inperkingsmaatreëls

Veertig soldate wat moet seker maak dat Covid-19 inperkingsmaatreëls nagekom word is na die Tuinroete ontplooi. Weens logistieke probleme kon hulle nie vroeër die week al arriveer soos beplan nie. Die weermag is in Desember deur Rampbestuur ingeroep vir hulp weens die hoë getal infeksies onder polisielede en munisipale beamptes. Die streek is onlangs deur president Cyril Ramaphosa geïdentifiseer as ‘n Covid19-brandpunt. Een groep soldate sal by Mosselbaai diens doen en nog ‘n groep is by Swartvlei naby Sedgefield gestasioneer. 

Luister na potgooie hieronder