Die ontplooiing van 880 soldate om in samewerking met die polisie Eskom se kragstasies te beskerm, is deur president Cyril Ramaphosa tot einde Maart volgende jaar verleng. Ramaphosa  het in Mei vanjaar die parlement in kennis gestel dat die weermaglede se ontplooiing tot 17 Oktober verleng word. Netwerk 24 berig 2700 lede van die weermag is van 17 Maart tot 17 April ontplooi maar toe die beskerming na Oktober verleng is, is die getal soldate tot 880 verminder. Die ontplooiing het ten doel om in samewerking met die polisie deur Operasie Prosper misdaad te voorkom en reg en orde in die land te handhaaf. Nasionale sleutelpunte en kritieke infrastruktuur in die energiesektor word beskerm en beveilig, lui Ramaphosa se brief. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×