President Cyril Ramaphosa het soveel as drieduisend-300 weermaglede landswyd ontplooi om die polisie te help om onwettige mynwerkers, bekend as zama-zamas, vas te trek. Die ontplooiing wat ses maande sal duur, sal na verwagting honderdmiljoene kos. ‘n Polisiekenner aan die Universiteit van Stellenbosch, dr Guy Lamb, het gesê die ontplooiing dui nie op ‘n gebrek aan vertroue in die polisie nie, aangesien ‘n geveg teen die zama-zamas ingewikkeld is en baie stewels op die grond vereis. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het vroeër hierdie jaar ʼn oproep gedoen vir die ontplooiing van die weermag. Die president het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, per brief oor die ontplooiing ingelig. Hy skryf in die brief dat die weermaglede saam met die polisie sal werk om misdaad te bestry om die reg en orde in die land onder Operasie Prosper te handhaaf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×