Die vakbond Solidariteit vra organisasies om hul rug op die presidensiële gesondheidsverdrag te keer, en om te eis dat die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering herroep word. Die gesondheidsverdrag is voorlopig weens ’n gebrek aan steun uitgestel.
Die sake-drukgroep, Business Unity for South Africa, asook die groep van Suid-Afrikaanse gesondheidsberoep-verenigings het reeds aangedui hulle steun nie die verdrag nie. Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit, sê die verdrag het ten doel om steun te werf vir die NGV om herroep te word.