‘n Skikking is bereik tussen die hoofrolspelers oor die bepalings van die Bela-wet.

Die Solidariteit Beweging het ‘n artikel 77-dispuut oor die veelbesproke wet by die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) ingedien.

Maroela Media berig die dispuut is by Nedlac opgelos.

Die ooreenkoms bepaal dat die minister van basiese onderwys aan president Cyril Ramaphosa sal voorstel om nie klousules vier en vyf in werking te stel totdat toepaslike norme en standaarde, regulasies en nasionale beleid ontwikkel is nie.

Die klousules handel oor skole se taal- en toelatingsbeleid en sal nie meer op 13 Desember in werking gestel word nie.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann, verduidelik nié die president óf die minister kan bloot doen wat hulle wil nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×