Die vakbond Solidariteit het ʼn klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie ingedien oor Suid-Afrika se huidige en voorgestelde wetgewing oor indiensneming en diensbillikheid. Die voorgestelde bemiddeling tussen Solidariteit en die regering is ‘n historiese deurbraak. Dit is die eerste keer dat ‘n burgerlike organisasie van Suid-Afrika onder toesig van ‘n internasionale liggaam in ‘n bemiddelingsproses met die regering is. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, Dr. Dirk Hermann, het gesê dat indien die regering sou besluit om die vakbond se skikkingsooreenkoms te aanvaar, dit sal beteken dat die rigiede wetgewing wat uiters rasgebaseerd is, aangepas moet word. Hy het gesê die Internasionale Arbeidsorganisasie se riglyne oor indiensneming is baie duidelik en dat die regering verplig is om aan dit te voldoen.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×