Solidariteit, tesame met skoolgemeenskappe en ouers, het gister die Gautengse Departement van Onderwys se openbare verhoor met betrekking tot die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) bygewoon.
Die onderwysnavorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, Johnell Prinsloo, sê die verhoor was die laaste geleentheid vir die publiek om persoonlik teenstand teen die Bela-wetsontwerp te kon bied.
Solidariteit is van mening dat die Bela-wetsontwerp verreikende gevolge sal hê, sou dit aanvaar en geïmplementeer word.