Die vakbond Solidariteit het gister ʼn openbare petisie teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, ook bekend as Bela, by die parlement ingedien. Die Nasionale Raad van Provinsies, of NRP, en die Nasionale Vergadering, of NV, gaan hierdie week die wetsontwerp bespreek en moontlik goedkeur.

Die petisie vra vir die hersiening van die wettigheid, rasionaliteit en noodsaaklikheid van die proses. Die petisie is ook aan die DA se adjunkskaduminister van Basiese Onderwys, Désirée van der Walt, en die hoofsweep van die VF Plus in die parlement, dr Corné Mulder, oorhandig. Die uitvoerende hoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, sê die gewysigde Bela-wysigingswetsontwerp verleen steeds die reg aan die onderwysdepartement om opdrag aan skole te gee om hulle taalbeleid te verander.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×