Solidariteit dreig om werkgewers wat inenting vereis, hof toe te vat.

Solidariteit dreig dat hy werkgewers hof toe sal vat, indien werknemers wat nie ingeënt wil word nie, ontslaan word. Volgens die vakbond maak die departement van indiensneming en arbeid dit self duidelik dat werknemers mag weier om ingeënt te word. Aanvaarbare redes vir weiering sluit in, die reg op liggaamlike integriteit, asook geloofsoortuigings. Volgens Netwerk 24 volg Solidariteit se dreigement op hersiene aanwysings wat die departement pas oor beroepsveiligheid en -gesondheid uitgereik het. Die aanwysings maak wel voorsiening vir ‘n werkplekbeleid, dat mense ingeënt moet word teen die koronavirus. Tóg maak die departement dit wel óók duidelik dat álles moontlik gedoen moet word om werknemers, wat téén die inenting besluit, eerder te akkommodeer, as te ontslaan.

Luister na potgooie hieronder