Naspers en Media24 gaan baie hê om te verduidelik wanneer Solidariteit met die maatskappye konsulteer oor die aflegging van minstens 400 werknemers van Media24. Die vakbond se bestuurshoof, doktor Dirk Hermann sê aan Rosestad-nuus die astronomiese vergoeding van Naspers se voormalige uitvoerende hoof is ‘n skreiende skande, en is op géén vlak regverdigbaar nie.

Daar is vroeër berig – soos deur BusinessTech gemeld – dat Bob van Dijk meer as R1,8-biljoen ingepalm het in sy tien jaar by Naspers. Ook Kallie Kriel, hoof van AfriForum, het afgryse hieroor met Rosestad-nuus gedeel. Kriel sê Naspers se laakbare sakepraktyk is die simptoom van ‘n maatskappy wat die rug op sy ontstaansdoel keer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×