Dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het aangekondig dat die organisasie die Bela-wetgewing ter wille van Afrikaanse-sprekende kinders in die hof sal beveg. Herman het gisteraand by die Bela-beraad van die Solidariteit Onderwys-netwerk gesê die onafhanklikheid van openbare skole is op die spel en alles moet gedoen word om daardie onafhanklikheid te beskerm.

Daarom is dit belangrik dat ouers deelneem aan die komende beheerliggaam-verkiesings. Hermann het gesê die wet is net nog ‘n poging van die regering om staatsentralisering te bevorder soos met nasionale gesondheidsversekering en onteiening sonder vergoeding. Hy het gesê die Bela-wetgewing oortree ‘n belangrike grondwetlike beginsel. Dr Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, het aan Maroela Media gesê die Bela-wetgewing gaan oor totale staatsbeheer oor skole.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×