Solidariteit het ‘n datum gekry vir ‘n verhoor voor die komitee vir die uitskakeling van rassediskriminasie van die Verenigde Nasies, of VN. Solidariteit het vandag tydens ‘n nuuskonferensie gesê hulle kan die regering voor die komitee daag op 27 en 28 November. Solidariteit se verslae wat in die verlede by die VN ingedien is, het glo meriete gehad. Dr Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het aan Netwerk 24 gesê die fokus gaan op regstellende aksie wees wat volgens internasionale riglyne net tydelik moet wees. Solidariteit gaan voorstel dat die regering ‘n einddatum het.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×